AND SO IT ALL COMES TO AN END…
Divorce is not always about violence, anger, hatred and fighting. There are the “amicable” ones.
How amicable the coming-to-an-end- of years of togetherness, sharing, commitment and dedication is, I have no idea. But I suppose that amicable refers to sitting together … discussing the way ahead…the children, the money, the house, the cars, the furniture, the dogs…, avoiding emotions. Each dealing with his own… in his own way.
Hy het langs my by die eetkamertafel kom sit. Iets het my laat opkyk…. daar was ‘n sadness in sy oë, ‘n verlatenheid in sy gesig….hy het rondgekyk waar die kinders was voor hy sê: “Ounooi, ek is nie meer lief vir jou nie… ek kan nie …getroud wees …. wil skei…. … kinders se onthalwe ……………ordentlike manier…. ek sal …… sorg ………….iemand anders ……..afspraak sielkundige, ….sien hom….”
He slept in the guest room that night… the first time in 20 years. I sat outside, watching the galaxy, the stars…. wondering if there’s life out there… if they too go through such pain… In the early hours of the morning I called my mom – seeking the comfort she always provided. But I was no longer a child – I had to deal with my own pain – as a woman, as a mother, as a rejected wife….How? I had no idea.
Hy was weg toe ek die volgende oggend opstaan. Sy klere was weg.… alles was weg… asofhy nooit daar gebly het nie… die kinders was verdwaald… te klein om te verstaan, groot genoeg om te weet. Skool toe, werk toe, winkel toe… skyn bewaar, lyk happy, bêre die kak, deal daarmee môre, of oormôre….. Kind moet dokter toe, wasmasjien gebreek, kar se battery pap – bel hom… foon op voicemail… bel later weer… druk die foon dood. Magteloos. Vrahulp – broers/susters/Ouers almal help…. selftrots gone – don’t think about it – don’t think about it – fok net voort…. .Is dit hoe amicable lyk?
Happy face. Ma, ons moet geld hê vir skool, Ma ons moet skoolbaadjies hê, Ma, onsmoet….en moet….. Verkoop skilderye, verkoop juwele, verkoop jou siel…. sorg vir jou kinders. Dis jou sielsplig, jou hartsgenot, jou lewensvreugde.….Aardse goed … waardeloos…Sielstrots…. verganklik.. niks het waarde. Net jou kind.
Your children are not your children
They are the sons and daughters of Life’s longing for itself
They come through you but not from you
And though they are with you yet they belong not to you
(Khalil Gibran)
Die saak sloer. Die regsmasjien werk stadig en nie deeglik nie… die amicable is nie meer amicable nie. Verknogtheid aan Mommon seevier…. en die lyke langs die pad raak meer enmeer. Sielkundiges kan net soveel doen. Kinders raak stiller, ingetoë, beroof van hul kindwees. Ouers raak voortydig oud, familie kil verbitterd….Die losprys raak te hoog… handdoek ingooi…. loop net weg en behou jou siel, jou gees, jou sanity. Dalk slaap die Eendaar bo nie.
Uiteindelik, klaar….geskei… nie die naweek nie my kind, … eers volgende vakansie my kind…. Ek weet nie meer nie kind….
Die Een daarbo slaap soms…Maar Hy word weer wakker….
Jy wil baie dae wegloop van jou verantwoordelikhede… dis net te veel. Die sadness oorweldig jou… jy wil nie hier wees nie. Jy sien mense lag. Jy wonder of jy ooit weer gaan lag… gaan die gat ooit weer weggaan.. dalk is dit nou net dit.. al wat daar is.. Maar vir jou kinders staan jy elke oggend op en jy kry iewers krag vandaan en jy gaan aan.
The circle of life – the Ups and Downs…. The Todays and the Tomorrows… never giving up…. It gets better and better and better … and then, suddenly, you’re at the top!
HV





