Die balju – Dié Dag
Die dagvaarding word beteken
Ek onthou min van daardie oggend. Die deurklokkie…. Die vreemde man in kaki klere, sy strakgesig – sy ontwykende oë, die kortaf, amper onbeskofde woorde “balju van die hof….dagvaarding beteken”.
My eerste gedagte was ‘n onbetaalde rekening! Die woord “egskeiding” soos yswater…Van die res onthou ek weinig…
Lank nadat hy weg is, staan ek nog nog soos ‘n soutpilaar op die stoep..sak af tot ‘n bondeltjie … kry Fiela my ‘n uur later, starend in die niet..
Drie koppies soet tee en ‘n peanutbutter-en-stroopbroodjie later, begin my breinselle stadig sin maak van die onsinnige.
• Ja, dit gaan sleg – nee eintlik verkak – met ons huwelik…
• Ja, Manlief se dwalende oog bevind hom gereeld in ander slaapkamers…
• Ja, die maande se berading het nog fokkol gehelp…
• Ja, ek gril vir elke beweging wat ruik na seks….
• Ja, ek het vivid pictures van hom en die ander slet….wat alles laat vries..
Maar egskeiding!! Na 40jaar!!! Dis absurd, belaglik!!! Ons is oud, ons moet al aftree!! Die kinders is uit die huis uit, ons is Oupa en Ouma!!! Watter Oupa en Ouma skei!!! Dis ‘n fokkin grap!!! ‘n Disaster… Skandalig… Wat gaan die skoonfamilie sê? Never mind dit!!! Wat gaan my siblings sê?? Niemand skei is ons family nie!!! On-Bybels…. Duiwels!!! My Pa en Ma draai in hul grafte om. Dankie Here hul is dood……..Maar ek is nie!!! Die Vuilgoed!! Gemors!! Om my na 40 jaar van afsloof en kinders grootmaak, klere agter sy gat optel, koskook, sy loud en common vriende met hul ewe common vrouens van Sondag tot Sondag onthaal, na hul kak stories sit en luister en wens hul wil hul cheap wyn en tjops vat en fokkof, soos ‘n vrot vel eenkant te gooi vir ‘n jonger model met stywe tiete en boude en bottelwit hare, skrei teen alles wat die universe en die heelal in plekhou!! Ek gaan dit nie vat nie!! As hy dink ek gaan stilsit en kyk hoe alles waarvoor ek my gat af gewerk het in die drein afspoel, maak hy ‘n moerse fout!!!. Surprise, surprise….
‘n Prokureur…Ek moet ‘n prokureur kry!!. Die beste wat daar is. Een wat hom so opdonner dat hy sy eie ma nie sal herken nie. Hy moet fokkol oor hê. Hy moet nooit weer daaraan dink om ‘n ander vrou te wil spyker nie. Hy moet skaars geld oor hê vir kos en sigarette!!!.
Google…Honderde prokureurs – gaan nie werk nie – bel iemand – Bessie, dié onlangs geskei – lekker rond geloop en helfde van alles gekry….ek kort haar prokureur!!!
Gewapen met ‘n naam en nommer volg die afspraak.
Manlief het wyslik besluit om die aand by pêlle oor te bly uit vrees dat sy gereedskap wat sy blink toekoms moet verseker, summier afgesny gaan word.
Die volgende oggend is my bravade nie meer so groot nie.Die vrag klere op die grond is meer as dié in die kas. Wanneer het ek só wanskapig dik geword. Fokkol pas. Ek lyk soos ‘n baba olifantjie .. laat ek nét my geld uit die doos kry, dan laat suig ek my dat ek lyk soos Kate Moss op 16! Hy moet die dag verwens dat hy my gelos het. Hy moet by my in die straat verby stap en my glad nie ken nie… nee wag!! Hy moet my aansien vir sy nuutste flossie en nie besef dit is die vloerlap wat hy gelos het nie… Wag net, jy sal sien… Maar nou moet ek eers ‘n tent kry wat pas sodat ek darem ordentlik by die prokureur aankom.
Die make-up wil ook nie vandag die plooie toeplak nie. Stap 2 Mister Loverboy – facelift – en jy gaan opdok!!! Hulle moet hierdie plooie optrek dat my kroontjie op my stuitjie sit. Nie een plooi meer – my gesig moet so glad wees soos ‘n baba se boude – wraak, wraak… o soetewraak….
Uiteindelik is ek aangetrek en gepaint in die kar. Teen hierdie tyd is ek al so befok dat ek amper die kar in die drive way afskryf. Maar my lysie van wat ek eis is volledig…veilig in my handsak. Vandag kak ‘n man. Ek voel dit in my genes.
(Vervolg)
HV





